VSA wil meer kontak maak met Taiwan

Te midde van die afkeuring wat Sjina wys wanneer Westerse lande met Taiwan skakeling soek, het die VSA bevestig dat hy op ʼn meer gereelde basis met die land wil skakel.

Die VSA soek ook groter diplomatieke skakeling met Taiwan, veral in die lig daarvan dat Sjina poog om Taiwan te intimideer met sy militêre provokasie teenoor die eiland.

 Alhoewel Sjina die eiland beskou as deel van sy gebied, en toelaat dat Taiwan selfregerend is, word die eiland deur die VSA gesien as ʼn stabiele vennoot op ekonomiese en veiligheids vlak.

Amerika het die afgelope naweek nuwe riglyne bekend gemaak om diplomate aan te moedig om meer in te skakel by Taiwan, veral in die lig van Sjina se onlangse militere optrede naby die eiland se grense.