VSA vra Westerse steun vir Oekraine

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sy Franse en die Duitse eweknieë het die afgelope naweek weereens ʼn beroep gedoen op Rusland om sy opbou van troepe magte en weermag toerusting op die grens met die Oekraine te stop.

 Die drie lande, Duitsland, Frankryk en Amerika het hulle steun aan die Oekraine herbevestig terwyl die konflik en spanning tussen Moskou en Kiev toeneem.

Die NAVO lande het ook hulle stem bygevoeg ter ondersteuning van die Oekraine en gesê dit is die pro-Russiese elemente op die grensgebied wat die skietstilstand ooreenkoms verbreek het, en wat die konflik potensiaal daardeur verhoog het.

Die Russiese militêre magsvertoon het die kommer verhoog dat Moskou besig is om gereed te maak vir sy ondersteuning aan die pro-Russiese rebelle minderheid naby die Oekraine grens, want dit bevat die elemente om ʼn volskaalse burgeroorlog te ontketen.

Die drie top diplomate, Blinken van die VSA, Jean-Yves Le Drian van Frankryk en Heiko Maas van Duitsland se gesprek word as van geskiedkundige aard beskou, en sal die aktiewe rol van NAVO bevorder in geval die Russiese steun aan die rebelle lei tot burgeroorlog in die Oekraine.