VSA verlaat Afghanistan in September

Die Amerikaanse militêre mag wat in Afghanistan is, sal volgens die president, Joe Biden, op 11 September vanjaar uit die land onttrek word.

Die onttrekking uit Afghanistan word nie oral goed ontvang nie, en militere deskundiges sê dit laat die vrees ontstaan dat die Taliban weer aan bewing ag kom en die oorlog geteisterde land weer van nuuts af in ʼn hewige stryd bring.

Amerikaanse troepe is die eerste keer in 2001 in Afghanistan ontplooi na die 11 September 2001 aanval op die Amerikaanse Wêreld Handelsentrum, wat honderde mense se lewens gereis het.

Die simboliese datum wat verband hou met die aanval op die Sentrum, in New York 20 jaar gelede, sal ook die oorlog wees waarin die VSA die langste betrokke was.

Kenners wys daarop dat alhoewel die VSA se teenwoordigheid voorkom het dat die Taliban weer die land regeer, het dit nie veel meer waarde as net dit nie, terwyl baie mense omgekom het in die hewige gevegte van voorheen.