VSA: Twee sterf in Tesla motor

Twee mense het omgekom in ʼn Tesla e-motor wat klaarblyklik op sy selfbestuur modem ingestel was toe dit op n privaat pad teen hoë snelheid gebots het teen ʼn boom.

Volgens die polisie het die Tesla Model S wat op selfbestuur ingestel was, in vlamme toe dit die boom langs die smal pad getref het.

Tesla se Hoof Uitvoerende Beampte, Elon Musk, sê sy Tesla motors is veilig maar die federale agentskap het begin met ʼn intensiewe ondersoek na die aangeleentheid.

Brandweer personeel sê hulle het ure lank gesukkel om die brand te blus. Die brand is wel geblus, maar die batterye het telkens weer begin brand, en meer as 100,000 liter water is op die voertuig gespuit voor die brandende batterye geblus kon word.

Verskeie Tesla voertuie was al in ongelukke betrokke terwyl dit in selfbestuur modem was, en ondersoeke het getoon dat elkeen van die ongelukke waarby ander voertuie betrokke was, dit nie Tesla was wat die ongeluk veroorsaak het nie.

Ê Woordvoerder beweer dat die jongste voorval veroorsaak is weens die abnormale hoë spoed wat gery is op ʼn privaat pad.