VSA en Japan in eenheid teen Sjina

President Joe Biden van Amerika het die afgelope naweek ʼn verenigde front met Japan se Eerste Minister, Yoshihide Suga, gesluit wat teen Sjinese invloed optrede in die wêreld politiek sal teenstaan.

Die Japanese premier is die eerste regeringshoof wat die Wit Huis besoek sedert Joe Biden president van Amerika geword het in Januarie vanjaar.

Berigte uit die VSA dui daarop dat indringende samesprekings gevoer is in die Wit Huis hoe die bande wat deur President Donald Trump gesmee is met Japan, verder verstewig kan word om die invloed van Sjina teen te staan.

Die vestiging van nuwe metodes om die Taiwan see straat te beveilig teen Sjinese skending, is ook bespreek in die lig van die toenemende skending van Taiwan se see grens met Sjina.

Die selfregerende eiland van Taiwan word deur Sjina beskou as deel van sy grondgebied, maar die Taiwannese regering en die land se inwoners is sterk anti-kommunisties gesind, en leun swaar op Westerse moondhede om beskerm te word teen Sjinese oorheersing.

Die Sjinese houvas op Hong Kong, en die poging om sy seegebied met kunsmatige eilande uit te brei in die Sjinese Suid See is ook bespreek.