Britte onttrek ook uit Afghanistan

Dit was die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, wat tydens sy verkiesingsveldtog in 2016 onderneem het om die VSA soldate uit Afghanistan te onttrek na 20 jaar van oorlog in die land.

Dit was die ver linkse Demokrate wat die stap veroordeel et, maar die Trump regering het die belofte deurgevoer, en nou is Joe Biden verplig om die besluit te finanaliseer.

Kort nadat Biden aangekondig het dat die VSA op 11 September die troepe gaan onttrek, het Duitsland en die Verenigde Koninkryk aangekondig dat hulle ook hulle magte onttrek.

Politieke ontleders sê die onttrekking van die VSA het Duitsland en die Verenigde Koninkryk laat besef hulle kan nie alleen die gebied probeer beskerm teen die optrede van die Taliban nie. Duitsland het aangekondig dat hy ook sy troepe terug roep in September, en die Britte sal waarskynlik in dieselfde tyd sy 750 troepe onttrek.