VSA Delta redery struikel weens Covid

Die Delta lugredery in die VSA moes Sondag 100 van sy geskeduleerde vlugte kanselleer as gevolg van newe effekte wat personeel het van die koronavirus infeksie.

Die hoof van die redery het sy verskoning aangebied aan kliënte vir die onverwagse probleem van personeel wat sukkel met newe effekte na hulle herstel het van Covid-19 infeksie.

Die redery moes inderhaas reëlings tref om Maandag se vlugte aan te bied, en benewens die oproep aan die personeel wat gesond is om terug te keer na die werksplekke, is bykomende personeel gehuur om te verseker dat geen verdere vlugte gekanselleer word nie.

Lugvaart reise het die afgelope weke geleidelik herstel in die VSA, en word toegeskryf aan die groot aantal mense wat reeds inenting gehad het teen die koronavirus.

In die afgelope 20 dae het meer as een miljoen reisigers deur die Amerikaanse lughawens beweeg, maar Maart se reisiger getalle was nog aansienlik laer as wat in dieselfde tyd in 2019 gereis het.