Vroeë reëns in Namakwaland

Reëns in Maart 2021 het veroorsaak dat Namakwaland die eerste keer in bykans 10 jaar Maartblomme in die maand gesien het. 

Die afgelope 9 jaar het reën laat gekom wat veroorsaak het dat blomme soos die Aprilfool en Maartblom eers in Aprilmaand geblom het.

Goeie neerslae in die Vanrhynsdorp en Nieuwoudtville omgewing het prentjie mooi tonele opgetower en het besoekers van wyd en syd gelok om die skouspel te kom sien. 

Inwoners wat grootgeword het in die omgewing sê dat die vroeë neerslae dalk ‘n teken is dat 2021 ‘n buitengewone blommejaar gaan wees.

Die toerisme bedryf verwag ʼn besondere groot toeloop van mense wat die blommeprag vanjaar wil sien, veral omdat dit ʼn belowende seisoen is en mense verlede jaar nie die skouspel kon geniet nie weens die grendel tyd van die pandemie.