Vliegtuig land op onklaar aanloopbaan

Die vliegtuig  het die landingstrook genader en die vlieënier het reeds aan die beheertoring gesê hy nader om te land, maar die Zambiese beampte in die beheertoring roep benoud uit dat hy nie die aankomende vliegtuig sien wat gaan land nie.

Die vlieënier bring die vliegtuig grond toe om te laat te ontdek dat die landing plaasvind op ʼn half voltooide lughawe se landingstrook wat deur Sjinese opgerig word.

Die Ethiopiese Lugvaart redery se vliegtuig het toe op die landings baan beland wat nog nie voltooi is nie en nog onder konstruksie is, en die landing vind toe plaas sonder die beheertoring en sonder enige gevaarlike insident.

Die vragvliegtuig het egter ʼn netjiese landing in die Koperbelt provinsie van Zambië uitgevoer terwyl die Sjinese nog spartel om die aanloopbane afgerond te kry vir amptelike ingebruikneming.

Die landing was egter ʼn sukses, al kon die beheertoring nie die vliegtuig sien nie, en al kon die vlieënier nie verstaan dat die beheertoring nie die normale roetine volg met instruksies nie.