Vlieëniers word skaars in SA

Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het nou gewaarsku dat kosbare kundigheid ʼn tekort kan word, veral as die wêreld se tekorte in aanmerking geneem word.

Hy sê die Suid-Afrikaanse kundigheid in die lugvaartbedryf kan in hoeq aanvraag kom sodra die internasionale grendel maatreëls opgehef word.

Die minister het waarskynlik na vlieëniers verwys, maar kenners wys daarop dat talle ervare vlieëniers reeds hulle goed gevat en iewers in die buiteland ʼn heenkome gevind.

Dit is bekend dat die swak finansiële toestand van die SAL redery, sowel as die van die land, dit nie moontlik maak om mededingende pakkette aan te bied nie, wat buitelandse aanbiedinge soveel meer aantreklik maak.

Mbalula het erken dat verskeie vlieëniers reeds met beter aanbiedinge die land verlaat het, en kenners wys daarop dat die inenting veldtogte in Westerse lande op dreef kom, waarna lugvaart weer ten volle sal funksioneer, en dan sal die aanbiedinge vir ervare vlieëniers toeneem.