Virus: Indiese infeksies bereik nuwe rekord

Indië sê sy jongste gegewens is die hoogste in die wereld met ʼn 24 uur tydperk wat nou meer as 350,000 nuwe infeksies geregistreer het.

 Die land sukkel om die infeksies wat nou vir die derde dag meer as 330,000 gevalle per 24 uur aangeteken het, teen te werk om te verminder.

Die infrastruktuur is ook in ʼn geweldige krisis met hospitale wat oorvol geword het, en die ernstige tekort aan suurstof veroorsaak dat hospitale nie hulle pasiënte behoorlik kan versorg nie.

Die owerheid is ook bekommerd oor die koronavirus sterfgevalle wat nou daagliks meer as 2,300 per 24 uur is, en hospitale in die hoofstad New Delhi verkeer in chaos weens die tekort aan suurstof en ander middele.

In een van die groter hospitale het ʼn brand ontstaan, en die lewens van 22 pasiënte geëis wat opgeneem is weens infeksie van die virus.

Dokters sê daar bestaan ook ʼn reuse tekort aan beddens in die hospitale se Intensiewesorg Eenhede.