Verwarring oor bloedklont na inenting

Uit Zürich word verneem dat menige regerings van die wêreld nou in verwarring is nadat dit vasgestel is dat dit nie net AstraZeneca entstof teen die koronavirus is wat bloedklonte veroorsaak nie.

Verskeie lande het rapporteer dat hulle gevalle gehad het van mense wat bloedklonte opgedoen het nadat hulle met AstraZeneca entstof geïmmuniseer is.

Die grootste aantal gevalle van bloedklonte wat aangemeld is, was tot hede in die Verenigde Koninkryk, waar 12 mense weens die bloedklont gesterf het. Die owerheid en dokters wys egter daarop dat alhoewel daar wêreldwyd sowat 70 gevalle aangemeld is, is daar in die Verenigde Koninkryk alleen, meer as 11 miljoen mense met die entstof geïmmuniseer.

Dit wil ook lyk asof mense jonger as 35 wat ingespuit is, n groter kans het om ʼn bloedklont te kry, en daarom is dit verander dat jonger mense nie met AstraZeneca behandel word nie.

In afsonderlike gevalle is nou ook vasgestel dat Johnson & Johnson se entstof ook enkele gevalle opgelewer het wat bloedklonte veroorsaak het.

Die toedrag van sake het aanleiding gegee tot opskorting van die behandeling met J&J se entstof tot groter duidelikheid vasgestel word.

In ʼn totaal is 34 miljoen mense reeds met AstraZeneca ingespuit, en 18 mense regoor die wereld het gesterf weens die bloedklont wat hulle opgedoen het.