Verskeping van lewende hawe bestry

Die Dierebeskerming Vereniging (DBV) is vasbeslote om die stryd voort te sit teen die verskeping van lewende hawe uit Suid-Afrika na ander wêrelddele.

In die afgelope paar jaar is duisende skape na die Midde-Ooste verskeep, en in verskeie gevalle was die diere vir dae lank sonder kos of water op die volgepakte vragskip wat ook die dood van diere veroorsaak het.

Die DBV sê hy is dankbaar vir die besluit van die Departement Landbou se dat daar nie nou diere verskeep kon word nie, maar sê in ʼn verklaring dat hulle verkies dat ʼn algehele verbod op die verskeping ingestel word.

Intussen het sekere landbouers gesê hulle verdien aansienlik meer vir hulle vee op die uitvoermark, en sal verkies om daarmee voort te gaan, en voeg by dat die eienaars wat verskeping doen, self hulle huis in orde moet kry sodat diere nie onderwerp word aan onaanvaarbare toestande nie.