Vermiste duikboot het diep gesink

Die Indonesiese duikboot wat verlede week soek geraak het, is gevind, maar het so diep gesink dat geen lewende persoon gevind kon word nie.

Die boot beskik oor die vermoë om tot ʼn diepte van net meer as 500 meter onder die water te gaan, maar het in die diepsee van meer as 850 meter op die bodem beland, wat volgens deskundiges, noodlottige gevolge gehad het vir die 53 mense aan boord.

Die boot se suurstof wat vir 72 uur gelewer kan word, het Saterdag nie meer suurstof gelewer nie, en daarmee ʼn noodlottige gevolg gehad aangesien die skip eers later gevind is deur die redding spanne.

Die owerheid het sy kommer uitgespreek oor die feit dat wrakstukke van die duikboot vooraf gevind is, waarvoor daar tot nog toe geen verklaring is oor wat werklik gebeur het nie.

Alhoewel geen oorlewendes gevind kon word nie, is ʼn deeglike ondersoek gelas om vas te stel wat verkeerd gegaan het dat die noodlottige ongeluk plaasgevind het.

Die boot het in drie stukke gebreek en deskundiges probeer vasstel wat die oorsaak is, alhoewel vermoed word dat die enorme drukking so diep onder die water, daartoe kon bygedra het.