Verligting: Vuurwapen lisensie wat verval

Wapen eienaars waarvan die vuurwapen lisensie reeds verval het, se bekommernis is uit die weg geruim indien die Appèlhof uitspraak reg vertolk word.

Dit sal vir sulke wapen eienaars nie nodig wees om te wag dat ʼn amnestie tydperk afgekondig word nie, is deur die Hooggeregshof beslis.

Die Polisiediens het aanvanklik geweier om oorweging te gee aan nuwe aansoeke vir vuurwapen lisensies van eienaars wat vir redes van hulle eie, nie betyds hulle vuurwapens se lisensie hernu het nie.

Die Polisiediens het die aansoeke in sulke gevalle geweier, en wou nie daarvan in ontvangs neem nie, en het hulle beroep op ʼn brief van die Polisie Kommissaris Generaal Khehla Sitole, wat die instruksie gegee het.

Een van die land se grootste sekuriteit maatskappye, Fidilety, is ernstig geraak deur die bepaling wat nou afgeweer is.

Vuurwapen eienaars word aangemoedig om in geval van lisensies wat reeds verval het, nou hulle aansoeke in te dien.