Verkiesing: OVK sal nuwe toerusting gebruik

Die onafhanklikes Verkiesings Kommissie (OVK) het aangekondig dat hy nuwe toerusting in gebruik neem met die beoogde munisipale verkiesings wat later vanjaar gehou word.

Die nuwe stem toerusting bestuurstelsel sal die eerste van sy soort in die land wees, het ʼn woordvoerder van die OVK in die parlement gesê.

Die nuwe toerusting sal glo gevorderde stem registrasies en monitering van kiesers hanteer, en die vermoë om adresse en woonplekke gedurende die registrasie tyd te verifieer is nou moontlik veral waar grensgebiede ter sprake is.

Dit sal ook ʼn op datum, aanlyn kieserslys gereed hou op stemdag wat spookstemme sal uitskakel en sal demografiese inligting vinnig beskikbaar stel.