Verbruikers goedere se pryse klim

Die metode om verbruikerspryse te verhoog, word nou weer volskaals toegepas, met die argument dat die brandstof skerp prysstygings ondergaan.

In die afgelope drie maande het brandstof se pryse vinnig gestyg, en hierdie maand het ʼn liter petrol met R1.00 gestyg, wat ʼn negatiewe uitwerking het op die sukkelende ekonomie.

Met Eskom se verhoging in elektrisiteit word dit al moeiliker om kop bo water te hou vir verbruikers, en die huidige prysstygings is opvallend hoër as wat verwag is.

Die Rand was aanvanklik stewig teenoor ander geldeenhede, maar het in die afgelope week kop onder die vlerk gestaan, en dit sal ook in die komende weke reflekteer in die prysindeks van verbruikers goedere.

Kenners waarsku dat die ekonomie se sukkel om te verbeter, nie groot vooruitsigte inhou nie, en daarom moet mense nou groot versigtigheid aan die dag lê oor hoe hulle hul inkomste aanwend.