Venezuela vra VN hulp teen landmyne

Die president van Venezuela, Nicolas Maduro, beweer dat baie van sy land se soldate gesterf het naby die grens met die buurland Colombia, weens die menigte landmyne wat in die gebied begrawe is.

Volgens die president het die landmyne nou ʼn nasionale krisis geword, en is die Verenigde Nasies versoek om hulp te verleen sodat die landmyne opgespoor en verwyder kan word.

Maduro het beweer dat gewapende groepe uit die buurland Colombia verantwoordelik is vir die landmyne wat aan sy kan van die grens geplant is.

Die Maduro-regering is glo besig om gereed te maak en die VN te versoek om onmiddellik hulp te verleen met die “nood krisis”.

 ʼn Woordvoerder van die regering sê ses soldate en agt burgerlikes het reeds in landmyn ontploffings omgekom sedert 21 Maart, terwyl meer as 30 mense al gearresteer is wat met dwelms, wapens en plofstof gevang is.

Maduro beskuldig ook die groepe wat die landmyne plant daarvan dat hulle bande het met die Colombia weermag, maar kenners reken dit is valse propaganda wat die diktator uit sy duim gesuig het.