Valke ondersoek miljarde se beweerde bedrog

Die Valke ondersoek die bewerings dat kwadriljoene Rand in Suid-Afrika gesteel is wat die hoofrede is waarom die land bankrot geraak het.

Die Spesiale misdaad eenheid van die Valke volg nadat ʼn senior lid van die ANC, Tokyo Sexwale, verlede week beweer het dat sowat R41 kwadriljoen in die land gesteel is uit die openbare koffers.

ʼn Woordvoerder van die Valke het bevestig dat die bewerings ondersoek word, maar het nie iemand se naam genoem wat die klagte gelê het nie, alhoewel dit vermoed word dat Tokyo Sexwale die klaer is.

Die klagte is glo gestaaf met twee lywige dokumente, waarvan een bestaan uit ʼn totaal van 101 bladsye en ʼn tweede wat 213 bladsye beslaan en wat glo aandui van geld wassery, bedrog en ernstige misdaad.

Blykbaar het een van die dokumente bewerings dat daar sedert 1966 tot 2021 sowat R163 triljoen betrokke, maar die bewerings sal volgens kenners, beteken dat ʼn baie lang uitgerekte ondersoek gedoen sal moet word.