Vakbonde eis groot verhogings

Die twee grootste vakbonde wat werkers verteenwoordig by Eskom, het aangedui dat hulle gereed maak om minstens 15% verhoging van salarisse te beding vir hulle lede.

Die National Union of Metalworkers of South Africa en die National Union of Mineworkers is vasbeslote om groot salaris verhogings tee is aangesien hulle daardeur meer lede kan bekom, en meer ledegeld kan invorder.

Die uitspraak kom van die vakbonde nadat gerugte rondgaan dat die ANC die staatsamptenare en die werkers by Staats entiteite se salarisse vir drie jaar wil vries.

Die multi-kulturele Solidariteit wil glo beding vir 9,5% vir sy lede, terwyl die regering daarop ingestel is om geen verhogings toe te staan nie.

Die onredelikheid van alle vakbonde word weereens bewys as in ag geneem word dat die land se inflasie koers minder as 3% is, wat enige verhoging van salarisse behoort te beïnvloed om nie meer as 5% te wees nie.

Met Eskom se skuldlas van sowat R464 miljard, behoort hy geen verhogings toe te staan nie, en moet daar volgens finansiële deskundiges eerder gefokus word op die moontlikheid om die salarisse afwaarts aan te pas en nog oortollige werkers af te lê.