Uitsoek lede van Verdediging by georganiseerde misdaad?

ʼn Lid van die adjunkminister van Verdediging se beskermings eenheid is gearresteer vir sy aandeel in die afpersing van sakeondernemings en mense in die informele woonbuurte naby Kaapstad.

Die bekentenis is deur die Minister van Polisie, Bheki Cele, gedoen na aanleiding van afpersing gevalle wat sedert Januarie 2020 voorgeval het.

Van sowat 100 gevalle van afpersing is daar nog 67 gevalle wat ondersoek word en 1,066 mense word verbind aan die afpersing.

Onder diegene wat gearresteer is, word twee polisie offisiere en ook ʼn lid van die beskermings eenheid uit die geledere van die kantoor van die Minister van Verdediging getel.

ʼn Woordvoerder sê die mense in ʼn gemeenskap wat afgepers word, is bang om die saak by die polisie aan te meld uit vrees dat die polisie ook by die afpersery betrokke kan wees.