Twee perspektiewe op vryheid

Ek wil volksgenote oproep om op 27 April 2021 met erns dit ‘n dag van oordenking te maak.

Geen gelowig-regdenkende kan die dag herdenk nie, maar ons móét leer uit die mees grondliggend-vernietigende fout in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Vryheid! Gelykheid! Broederskap!

232 jaar later eggo die bitter nagevolge steeds oor die wêreld!

In SA word dit verkondig deur die liberale dampkring: idealisties-blind vir die werklikheid van kommunistiese woordroof.

Dit word afgedwing in Afro-kommunistiese vorm deur die ANC, waarbinne die voordele slegs een demografie toekom … terwyl ander onderdruk word.

En talle (ooglopend) kwasie-konserwatiewe groepe soos verkondig presies dieselfde, verbind hulle spesifiek aan die lewensbeskouing wat uit die Verligtiging en rewolusies in Europa ontwikkel het.

Dit is belangrik om in ag te neem dat die omwentelinge na die rewolusies van die 18de en 19de eeue, het ontwikkel en tot wasdom gegroei, Uitdruklik los van die Bybel se beginsels vir openbare orde, owerheidgesag en regverdigheid.

Nuwe “beginsels” setel hulle self-verklaarde gesag, in die aanvaarding van mense.

Die standaard vir “regverdig”, vir “reg” is nou die oorwig van getalle wat sodanig besluit – God as Bepaler van reg en verkeerd word nou bloot misken, uitdrulik of misleidend stil.

Dit is dieselfde “vryheid” van Babel, geanker in die arrogansie van “ons sal” in weerwil van die skeppingsorde en roepings-opdragte van God.

Dit bring ons by die lewensbelangrike spilpunt, die kroonrat van ware vryheid: Gehoorsaamheid aan die roepings-opdragte en skeppingorde van GodD – alléén.

In menslike terme vind dit beslag in onder andere ʼn Republikeinse demokrasie.

            Republikeins – direkte stemreg, direk-verkose verteenwoordigers.

            Demokrasie – uit die VOLK, vir die VOLK, aanspreeklik áán die VOLK.

Hierdie orde-struktuur moet setel in ʼn lewende geloof, in geloofs-gehoorsaamheid, sodat volk of nasionalisme nie verkeerdelik verabsoluteer word nie.

Dit dwing ons om brutal eerlik te vra of ons, Afrikaner-2021, nog gehoorsaam lewe aan die beginsels wat in 1652 ter lande gebring is deur Jan van Riebeeck.

Soos hy met gebed aan wal gegaan het, pak ons nog óns lewenstaak bidden aan?

Dit dwing ons om te vra of ons dieselfde diepliggende geloof as ons Voortrekker- en Bittereinder voorsate uitleef – met eerlike erns en opregtheid.

Is ons bereid om, soos in die 1830’s, te breek met die samelewingsverval, bereid om te trek na onbekende weivelde mét God as ons lewens-sentrum, eerder as om te stagneer in humanistiese strukture sonder God?

Is ons bereid om self te werk, self verantwoordelikheid te neem vir ons gemeenskap – die mense van ons volk?

Is ons bereid om ook binne eie geledere die noodsaaklike geloofs-skeidslyne te trek, gehoorsaam aan God eerder as soekend na die welgevalle van mense?

Wanneer ons, met reg, die liberale en kwasi-konserwatiewe stemme afwys, spesifiek weens hulle gebrek aan beginsel-onderbou, moet ons – die klein Afrikaner / Boere-Afrikaner volkskern – op grond van ons geloofsoortuiging dan ook ons eie standpunte eerlik toets:

            Is ons vryheidstrewe in 2021 nog geskoei op die regte beginsel?

            Wil ons ons vryheid herwin, om terug te keer tot ʼn gelowige volkslewe?

            Of is die ware motief ons eie (tydelike) welvaart?

            Ondersteun ons die regmatige strewe van ander volke?

            Ons beleef ongekende haat en geweld, maar waarvan spreek ons reaksie?

            Is ons bereid om noodsaaklike, redelike grense te trek?

Na die slag by Bloedrivier, sluit Andries Pretorius vrede, erken hy die koningskap van Mpande – maar hy handhaaf steeds die grense en voortbestaan van Natalia.

            Paul Kruger sou meermale strafekspedisies lei teen rowerbendes.

Nogtans word hy steeds vandag erken as leier van formaat, óók deur baie inheemse stamme …

Daarom moet ons ons behoudende geledere suiwer van die ekstremistiese haat van diegene wat uit “ons kring” haat en onredelike verdeeldheid aanblaas.

Ons moet ook op onsself let, biddend vir die geduld in die aanslae teen ons volk en ons voortbestaan.