TV lisensies word nie uitgeneem of betaal

Die SABC staar ʼn groot opdraande stryd in die gesig om sy TV lisensies gelde ingevorder te kry, veral nou dat mense verkies om weens ekonomiese redes, nie betaal nie.

Die afname in sakebedrywighede veroorsaak dat minder instansies bereid is om te adverteer, en algemene lisensies word toenemend nie deur individue betaal nie.

Die afwesigheid van ʼn effektiewe posdiens veroorsaak dat rekeninge nie meer uitgestuur kan word nie, en waar dit wel gedoen word, bereik dit nie die persoon of instansie wat verantwoordelik is vir die betaling nie.

Duisende mense weier om te betaal en sê hulle sal slegs betaal as die SABC ʼn faktuur voorsien, en daarmee word die saak al moeiliker om invorderings te doen.

Gedurende Februarie vanjaar het die hoof van finansies, Yolande van Biljon, gesê dat 2,5 miljoen TV lisensie houers op die uitsaaier se databasis hulle verpligting nagekom het, terwyl daar 9,5 miljoen TV stelle is wat beteken 7 miljoen eienaars betaal nie hulle lisensies nie.