TV aansprake deur die “agtergeblewenes”

In Suid-Afrika is sowat 14 miljoen TV stelle wat in gebruik is, waarvan 8,6 miljoen subskripsie betaal, en die res slegs van die nasionale uitsaaier se kanale gebruikmaak.

Na een jaar van gesukkel om ontslae te raak van die koronavirus pandemie, kom daar nou aansprake dat die sport kanale oopgestel moet word sodat die sogenaamde “agtergeblewenes” ook daarna kan kyk, veral die sokker wedstryde wat so belangrik is vir hulle.

Die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van Suid-Afrika (OKOSA) skenk nou aandag aan die saak in die lig van die hernude sport byeenkomste wat na ʼn jaar van stilstand, weer op dreef kom al is dit sonder die toeskouers rondom die speelveld.