Tsjeggiese miljardêr sterf in ongeluk

Petr Kellner en vier ander het omgekom in Alaska toe hul helikopter in ʼn botsing betrokke was waarvan die oorsaak nog onbekend is en ondersoek na die voorval gedoen word.

Kellner is die rykste persoon in die Tsjeggiese Republiek, en die helikopter ongeluk het baie vrae in sy land na vore gebring wat nog onbeantwoord is weens die moeilike weersomstandighede waarmee die ondersoek span te kampe het.

Die 56-jarige Tsjeggiese burger en die ander insittende het in die hoë berge van Alaska in ʼn noodlottige ongeluk omgekom, en die ongeluk wat naby Knik Glacier  was het ondersoeker se taak bemoeilik om vas te stel wat die oorsaak was.

Petr Kellner se rykdom het hom op nommer 68 van die wêreld se rykste mense geplaas volgens die rekords van Forbes se 2020 miljardêr gegewens. Hy word beskou as ʼn miljardêr met bates ten bedrae van sowat $17.5 miljard, en sy onderneming wat fotostaat masjiene verkoop het hom die rykste man in sy land gemaak.