Total onttrek personeel uit Mosambiek

Die Franse Oliemaatskappy Total het baie van sy werkers onttrek by die $20 miljard gas aanleg in Mosambiek weens die terroriste aanvalle.

Die reuse maatskappy het sy werksaamhede by die gas aanleg gestop en sy personeel onttrek ten einde hulle veiligheid te verseker.

ʼn Woordvoerder van Total het verduidelik dat die drastiese stappe nodig is weens die verslegtende toestand by die gas aanleg by Palma, in die noorde van die land waar Islamitiese Staat vegters besig is om die gebied te beheer.

Total het vroeër reeds begin om die werk te staak nadat Islamitiese Staat terroriste honderde burgerlikes in die noorde van die land gevange geneem het en dosyne doodgeskiet is.

Die aanvalle van IS vegters is soortgelyk as die metodes wat hulle in die Midde-Ooste toegepas het, en hou burgerlikes as gyselaars, en as geveg skilde teen aanvalle van die Mosambiekse soldate wat aanvanklik gedink het hulle het die terroriste verdryf.