Tafelberg brand kan lank duur

Alhoewel meer as 120 brandweer mense op die toneel is, en bygestaan word deur ʼn onbekende aantal vrywilligers, kan die brand wat deur ʼn leegleer veroorsaak is, nog dae lank voort woed.

Die sterk wind het die werksaamhede tot nou gekortwiek, en die helikopter wat behulpsaam moet wees, kon vir lang tye nie help om die vernietigende vlamme te blus nie.

Die vrywillige helpers is ook nie toegerus om effektief te help om vlamme te smoor nie, en brandweer personeel sukkel om teen die sterk wind hulle werk deeglik te doen.

Die vlamme het reeds duisende hektaar van die park se pragtige plantegroei vernietig, en waarnemers sê die moontlikheid dat die brand nog tot Saterdag kan duur is nie uitgesluit nie, en as die wind sterker word, kan die probleme vermeerder.

Die brandstigter is gearresteer, maar omdat hy klaarblyklik ʼn alleenloper sonder adres is, sal selfs tronkstraf vir hom die uitkoms wees want dan het hy “blyplek”, het een geregsdienaar opgemerk.