Suid-Afrika se unieke nuwe hospitaal operasioneel

Suid-Afrika se unieke hospitaal, wat slegs die vyfde een in die wereld is, het sy deure oopgemaak om spesialis dienste te lewer aan pasiënte.

Die 11,000 vierkante meter hospitaal wat in die oostelike deel van Pretoria opgerig is, spesialiseer in kop, nek, ruggraat en vakuolêre operasies.

Die unieke hospitaal wat teen ʼn koste van R470 miljoen opgerig is, en bekend staan as Cintocare Hospitaal, beskik oor 100 beddens en  is ʼn hoeq-werksverrigting hospitaal waar pasiënte in die kortste moontlike tyd op die hospitaal bed gekluister sal wees.

Die hospitaal is binne twee jaar en ses maande voltooi, en met  sy vyf operasie teaters kan pasiënte net verwag om puik diens te verwag wat insluit om vinnig geopereer te word, en so gou moontlik te herstel en ontslaan te word.