Suezkanaal episode kos miljoene

Die drama wat twee weke gelede afgespeel het in die Suezkanaal waar die massiewe vragskip vasgeval het teen ʼn sandbank na dit skuins in die kanaal gedraai het, is nog nie finaal verby nie.

Die Ever Given vragskip van meer as 400 meter lank, moes deur die kanaal vaar nadat vele pogings aanvanklik misluk het, en toe dit uiteindelik kon deur gaan, was dit die Egiptiese owerheid wat die skip met sy reuse vrag, verbied het om die omgewing te verlaat tot die eienaars waarborge kan gee vir betaling van die enorme bedrag.

Die skip lê nog voor anker in afwagting dat die rekening van $900 miljoen aan Egipte vereffen word, waarna dit toegelaat sal word om na sy bestemming te vaar.

Egipte het swaar verliese gely weens die oponthoud wat die Ever Given veroorsaak het toe dit vir byna 7 dae die skeepsverkeer geblokkeer het.

Terwyl die Egiptiese owerheid wag dat die skip se eienaars waarborge verskaf vir betaling van die rekening, kry die skip nie sy klaring sertifikaat om verder te vaar nie.

Die koste om die Ever Given vragskip uit die kanaal te kry met sleepbote, en die verlies aan inkomste weens die ander skepe wat geblokkeer is om deur te vaar, sowel as groot onderhoudskoste wat aangegaan is, het die totaal van die rekening bepaal.

Die inkomste uit die Suezkanaal, wat Egipte jaarliks meer as $6 miljard aan inkomste bied, is een van sy belangrikste bronne van inkomste, en daarom sal ʼn soortgelyke toegewing om so ʼn massiewe skip deur te laat, waarskynlik nie weer gou toegelaat word nie.