Suez Kanaal veroorsaak reuse tragedie

Die reuse vragskip, Ever Given, wat in die Suez Kanaal vasgeval het en honderde skepe vir ʼn week lank laat wag het voor hulle weer kon begin beweeg om deur die kanaal te vaar, het een baie ernstige tragedie veroorsaak.

Derduisende stuks vee, meestal van Roemenië, is ook voorgekeer en moes geduldig wag tot die reuse skip Maandag weer sy tog kon hervat.

Meer as een skip met vee aan boord moes wag om deurgelaat te word, en dit is bekend dat die diere nie veel kos of water kry op die vragskip nie.

Dit is onbekend hoeveel diere in die lang wagtyd dood is, word nog ondersoek, maar kenners reken die werklike getalle sal waarskynlik nie bekend gemaak word nie.

Diere Internasionaal het later gesê die 13 skepe met diere wat vanaf Roemenië vervoer word, was reeds na 24 uur se wagtyd om deurgelaat te word by die Suez kanaal, en daarom bestaan die vrees dat baie diere gedood is weens die tekort aan water en kos.