ST. Vincent vulkaan ontwrig duisende

Duisende mense is ontwrig en talle se lewens in gevaar toe die vuurspuende berg op die St. Vincent eiland tot ʼn verwoede uitbarsting gekom het.

Die Karibiese eiland het vir dekades heet las van die vulkaan gehad wat dormant was nie, maar die afgelope paar maande het dit “lewendig” geword, en waarskuwende rook en as wolke die lug ingestuur, maar die afgelope twee dae het kokende lawa die berg afgestroom.

Groot dele van die eiland is besoedel met swaar rook en as wolke wat die uitsig belemmer, en die warm lawa het verskeie plekke so laag afgevleoi dat dit ʼn bedreiging geword het vir die mense van die omgewing.

Water, elektrisiteit en telekommunikasie verbindings is ontwrig en duisende mense moes die gebied inderhaas verlaat sonder om enige iets van hulle besittings saam te neem.

 La Soufriere het die afgelope drie dae aanhoudend sy gerammel laat hoor, terwyl rook en as die lug besoedel en lawa die berghang af vloei.

Ongeveer 16,000 mense moes uit die gebied padgee, en niemand weet hoe lank die bedreiging sal voortduur nie.

Die owerheid was verplig om enige lugvaart te kanselleer weens die swaar besoedeling wat die uitsig belemmer.