SpaceX kry Nasa kontrak van miljarde

Elon Musk, die bekende ruimte tegnoloog en miljardêr, se SpaceX ruimtevaart maatskappy het ʼn NASA kontrak bekom ter waarde van bykans $3 miljard.

SpaceX sal nou begin met die ontwerp en ontwikkeling van ʼn ruimte vaartuig wat kan land om die eerste vrou op die maan te laat aankom.

Die bedoeling van NASA is dat die vaartuig ʼn anderskleurige vroulike ruimtevaarder moet wees wat met die SpaceX ruimtetuig op die Maan te laat land.

In die afgelope 50 jaar was daar nooit weer enige mens op die Maan nie, en sal die nuwe opdrag aan SpaceX van tegnologiese belang wees vir die ruimtevaart bedryf.

NASA sê hy het SpaceX gekies en Elon Musk se ruimtevaart vervoermaatskappy aangesien dit die eerste kommersiële instansie is wat ʼn landing op die Maan sal doen waarin ʼn anderskleurige vrou sal wees.

Die Amerikaanse ruimte agentskap beplan om nog vier ruimtevaarders te laat lanseer wat ook die Maan sal besoek, en twee daarvan sal oorgeplaas word na SpaceX wat dan na die Maan sal vertrek.