Sjokolade uit Tweede Vryheidsoorlog gevind

Britse troepe wat in Suid-Afrika ontplooi was tydens die Tweede Vryheidsoorlog is deur die Britse koningin Victoria in 1900 bederf toe sy gereel het dat elke soldaat ʼn blok sjokolade kry waarby ʼn boodskap van gelukkige Nuwejaar was.

Een so n voorbeeld is die 121 jaar oue sjokolade wat nog in die blik houer is wat aan soldate uitgereik is en wat op tipiese Engelse wyse gemaak en verpak is.

Die ou blik met die sjokolade daarin is in Norfolk gevind en het aan Sir Henry Edward Paston-Bedingfeld behoort wat ook in die oorlog as soldaat geveg het.

Meer as 100,000 van die blik houers het elkeen sjokolade van 226 gram (half pond gewig) gehad met die koningin se boodskap in haar eie handskrif van goeie wense vir die nuwe jaar daarmee saam.

Baie min van die houers het bewaar gebly, en die moontlikheid dat een bewaar gebly het tesame met die sjokolade daarin, is maar onwaarskynlik.

Drie Britse vervaardigers was verbonde aan die projek, en al drie het betaling vir hulle produksie en diens geweier en dit gratis beskikbaar gestel.