Sjina waarsku VSA oor Taiwan inmengery

Die aanhoudende betrokkenheid van Amerika by sake van Taiwan is besig om tot nog groter spanning tussen Sjina en die VSA te veroorsaak.

Beijing het die afgelope week weereens gekla oor Amerika hom bemoei in Taiwan, wat deur Sjina beskou word as deel van sy grondgebied.

Die selfregerende Taiwan het egter geen liefde var die kommunistiese Sjina nie, en die hulp wat Amerika bied om die land se verdediging op te skerp, is ʼn groot bron van kommer vir Sjina.

Die Sjinese regering het Amerika weereens gewaarsku om nie voort te gaan met sy provokasie deur gemoeid te wees by Taiwan nie, en ʼn woordvoerder van die Sjinese Ministerie van Buitelandse Sake het die VSA dringend versoek om “nie te speel met vuur in Taiwan aangeleenthede nie”.

Amerika is versoek om geen verdere kontak met Taiwan te hê nie, en die owerheid van Taiwan het glo ook die opdrag gekry om nie met die VSA kontak te maak nie.

Sjina het ook aan die media gesê die VSA moet nie “die verkeerde seine” na taiwan uitstuur nie, veral omdat Taiwan selfregerend is maar nie onafhanklik is nie.

Die waarskuwende woorde van Beijing kom nadat die VSA se Departement Buitelandse Sake besluit het om sy verhouding met die selfregerende eiland van Taiwan te versterk omdat Sjina sy militêre aktiwiteite rondom die eiland verhoog het in ʼn proses om Taiwan se regering te intimideer.