Sjina ontsteld oor Japan verslag

Die Minister van Buitelandse Sake in Sjina het gesê Beijing het ʼn beswaar ingedien by Japan oor die land se jaar einde diplomatieke verslag.

Sjina reken die verslag is uiters ongunstig en Sjina is bekommerd oor die kritiek wat ondermeer uitgespreek word rakende die militêre vermoë en die skeepvaart aktiwiteite van Sina.

Sjina het versoek dat Japan sy foutiewe inligting oor die aangeleentheid regstel om eerder stewiger en ʼn meer stabiele verhouding tussen die twee state te bou.

Die spanning tussen Sjina en Japan het aansienlik toegeneem in die afgelope maande, en met die verskyning van Japan se nuwe Eerste Minister wat etlike maande gelede die land se bestuur oorgeneem het, het die hoop verskraal dat beter betrekkinge gevestig sal word.