Sjina klap VSA oor militêre ingryping

ʼn Verslag deur die Sjinese Humanitêre Regte Organisasie het letterlik ʼn uitroep gemaak oor die VSA se militêre ingrypings van die afgelope tyd.

Die oor-en-weer beskuldigings gaan egter voort tussen Sjina en Amerika, die wêreld se twee grootste ekonomiese moondhede, waarvan Sjina oor die potensiaal beskik om uiteindelik die grootste ekonomiese moondheid te word.

Die verhouding tussen die twee lande het dramaties verswak sedert die vorige Amerikaanse president, Donald Trump, die kommunistiese moondheid met sanksies gestraf het omdat die land geweier het om ʼn handelsooreenkoms met Amerika aan te gaan waarin die in- en uitvoer ʼn groter en meer ewewigtige balans sou meebring.

Nou beskuldig Beijing die VSA daarvan dat hy humanitêre rampe veroorsaak met militêre optrede en die vrede versteur met sy ingryp in verskillende dele van die wêreld.

Die kommunistiese verslag ui Beijing wys ook op die Amerikaanse optrede op militere gebied wat duisende mense se humanitêre status aantas, en duisende mense se wonings beskadig word wat algehele rampe tot gevolg het.