Sewe Italiaanse misdadigers vasgetrek

Sewe van Italië se mees gesoekte misdadigers wat nou reeds vir jare op die vlug is voor die lang arm van die gereg, het hulle vasgeloop teen die polisie in Frankryk.

Die sewe misdadigers wat in Italië gesoek is weens hulle bedrywighede as ver-linkse terroriste, is in Frankryk aangekeer, sê die Franse president, Emmanuel Macron.

Die merkwaardige is dat die Franse polisie op die jag was na drie ander Italianers wat ook in misdaad betrokke is, en toe op die spoor van die sewe mees gesoekte sewe afgekom het.

Die nasionalisties gesinde regering in Italië het ernstige vervolgings ingestel teen dwelm sindikate, moordenaars en ander gewelddadige oortredings wat hy kiesers belowe het tydens sy verkiesingsveldtog etlike jare gelede.

Die leier van ʼn terreur groep is een van die sewe wat vasgetrek is, en sal waarskynlik hierdie keer beter toegesluit word aangesien hy vroeër ontsnap het terwyl hy sy vonnis van 22 jaar hardepad uitgedien het.

Van die sewe misdadigers het meegedoen aan ʼn terreur veldtog gedurende die jare tot 1980 wat die lewens van honderde mense geëis het.

Die terreur is gepleeg onder die gevreesde naam van die Rooi Brigade, wat later deur regeringsmagte vernietig is, maar waarvan verskeie senior lede daarin kon slaag om te vlug.