Sanksies teen Russe help nie

Die Duitse Minister van Buitelandse Sake, Heiko Maas, het voorgestel dat nuwe sanksies teen Rusland nie sal help om Alexei Navalny te bevry uit die tronk nie.

Minister Maas sê hy glo konstruktiewe dialoog met Rusland sal meer noodsaaklik wees om die gesindheid tussen die twee lande te verbeter en ʼn beter houding teenoor Navalny sal verkry word.

Maas het tydens ʼn nuuskonferensie in Moskou gesê hy glo Duitsland en Rusland kan ʼn veel beter verhouding met mekaar vestig deur doelgerigte gesprekvoering.

Die Duitse minister het gewys daarop dat sanksies tot nou toe geen positiewe uitwerking gehad het om Navalny se omstandighede te vebeter nie, en dat dialoog die behandeling wat die Kremlin bied vir Navalny, net met gesprekke kan verbeter en nie met sanksies nie.

Maas het Moskou besoek om oor die spanning in die Oekraine te praat, en tydens ʼn TV onderhoud ook verwys na die verhouding tussen die twee lande en gesê “dit is baie sleg” maar dit is nie nodig “dat die toestand so moet bly nie”.