Salarisse: Eerste dreigemente begin

Die Openbare Dienste Assosiasie sê hy sal  ʼn nasionale staking uitroep indien die ANC regering nie afsien van sy 0% salaris verhoging vir die boekjaar 2021-22 nie.

Die assosiasie is een van die grootste partye in die sektor en verteenwoordig meer as 235,000 openbare werkers.

 Die sektor moes glo reeds salaris aanpassings ontvang het wat op 1 April in werking moes kom, en onderhandelings wat op 15 April hervat is, het teleurstelling veroorsaak wat as vernederend beskou is deur die eisers.

Die assosiasie se woordvoerder sê die regering het vir die “lewenskoste aanpassing” slegs ʼn 0% aangebied vir die 2021-22 finansiële jaar en al die ander eise wat aan die regering gestel is, was ook geweier.