Salaris oorlog word uitgebrei

Die vakbonde se stryd om die geveg te wen teen die regering gaan waarskynlik uitkring tot iets wat Suid-Afrika nie in hierdie swak ekonomiese toestand kan bekostig nie.

Om die dooiepunt wat bereik is in die onderhandelinge tussen die regering en die vakbonde, het minister Senzo Mchunu van Departement Openbare Dienste en Administrasie ʼn beroep gedoen op die burgers van die land om met voorstelle te kom oor hoe die dooiepunt oorbrug kan word.

Die staatsdiens amptenare eis glo 7% verhoging, en die regering sê hy het nie geld vir verhogings nie, en vra nou dat burgers van die land met voorstelle moet kom om die gemors reg te maak.

Die beroep op burgerlikes is gedoen nadat dit duidelik geword het dat die regering en die werkers se organisasies nie tot ʼn vergelyk kan kom nie. Die regering sê hy het nie geld nie weens die invloed van die koronavirus pandemie wat die land miljarde Rand gekos het, en daarmee saam was die land reeds in ê finansiële krisis voor die pandemie, wat beteken dat verhogings in salarisse nie moontlik sal wees nie.

Finansiële deskundiges reken die stakings gaan kom, en dit sal die ekonomie nog verder verswak, en gaan ook die verdeeldheid tussen die regering en sy vakbonde verdiep.