SAL vlieëniers dreig met staking

Die SAL Vlieëniers Vereniging sê die redery is besig met ʼn “eie keuse” van sekere lede terwyl ander vlieëniers uitgesluit bly.

Die vlieëniers wat uitgesluit word in ʼn arbeids dispuut het in ʼn stemming ten gunste van ʼn staking beslis, en daarmee word die redery weer in ʼn nuwe krisis gedompel.

Die implikasie van so ʼn staking in die SAL maatskappy beteken die redery sal nie in staat wees om enige van sy lede te gebruik vir vlugte nie.

Die dilemma vererger as in ag geneem word dat leerling vlieëniers nie verdere opleiding sal ontvang nie, wat beteken die redery gaan in stilstand bly tot die dispuut bevredigend uit die weg geruim is.

 Die vlieëniers eis ook dat waar afleggings gemaak word, die betrokke vlieëniers met minstens drie maande se salaris vergoed sal word.

Die lede geen SAL tyd tot 15 April om aan hulle eise te voldoen.