SABC verminder personeel

Die nasionale uitsaaier het net meer as 600 werkers afgelê wat glo vanaf begin April nie meer in diens is nie, ten einde te bespaar op sy uitgawe rekening.

Soos wat wanbestuur en te veel personeel by verskillende staat entiteite die instansies in finansiële krisisse gedompel het, is die SABC ook in ʼn finansiële verknorsing.

 Aan die einde van Maart 2021 is 621 personeellede afgele met skeidings pakkette, wat beteken dat die uitsaaier nou 21& minder personeel het om te betaal.

Die grootste aantal personeel wat nou die diens verlaat het, is (of was) glo ondersteuners van die regerende party.

Vakbonde en invloedryke het aanvanklik gepoog om die afleggings te laat vaar aangesien ander “metodes van besparing” oorweeg moes word, en is daar later gesê die nasionale uitsaaier heroorweeg die afleggings, maar moes uiteindelik bes gee en is meer as 600 poste afgeskaf.