SA wil Russe en Sjina entstof kry

Suid-Afrika se ANC regime het besluit om Rusland se Spoetnik V koronavirus entstof aan te koop, sowel as Sjina se Sinopharm.

Die inligting is pas bekend gemaak deur die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, en het bygevoeg dat 10 miljoen dosisse by elkeen van die twee lande aangekoop word.

Die minister sê die besluit is geneem en die SA Gesondheid Produkte Reguleerders sal die twee entstof soorte binnekort goedkeur.

Suid-Afrika is die land wat die swaarste getref is deur die pandemie van alle lande op die Afrika kontinent, maar tot hede kon die owerheid nie vinnig beweeg met sy inentings veldtog nie, en sal die nuwe mikpunte ook nie bereik word nie.

Aanvanklik is gesê dat 40 miljoen mense teen die einde van vanjaar ingeënt sou wees, maar die media het deurgaans daarop gewys dat dit nooit bereik sal word nie. Daarna het die regering gesê 22 miljoen sal teen Maart 2021 ingeënt wees, maar kenners wys daarop dat die veldtog so stadig vorder dat daar hoogstens 6 miljoen ingeënt sal wees.