SA virus status

Op Dinsdag 6 April was die koronavirus status soos volg in Suid-Afrika:

Byna 10 miljoen mense is getoets sedert die eerste infeksie geval aangemeld is sowat een jaar gelede, waarvan 1,55 miljoen positief getoets het oor dieselfde tydperk.

Hiervan het 1,48 miljoen reeds herstel wat die koers van herstel op 95% te staan bring.

Die totale sterftes staan op 52,032 wat 6 April se sterftes van 37 insluit. Die totale aantal infeksies in die land het op dieselfde datum op net meer as 21,000 gestaan, en die aantal nuwe infeksies was 437.

Die gegewens toon ʼn redelike afname, maar daar is geen rede waarom die huidige status nie sal verander nie, aangesien die uitwerking van die afgelope langnaweek die moontlikheid van hernude stygings kan reflekteer.