SA verkiesingskommissie gereed vir stemdag

Die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) het aan die parlementslede gesê hulle is gereed om ʼn verkiesing te hou, en wag glo vir die regering om dit aan te kondig.

Die woordvoerder het egter gesê dit is moeilik om ʼn datum te bepaal met die koronavirus pandemie wat heers en moontlik na ʼn derde pandemie kan lei.

Suid-Afrika is, ingevolge die land se grondwet, verplig om die verkiesing voor of nie later as 1 November te hou nie.

Die hoof van die Verkiesingskommissie, ene Sy Mamabolo, sê die datum vir die verkiesing moet nog bepaal word, maar daar bestaan onsekerheid of ʼn derde pandemie gaan uitbreek in Suid-Afrika, wat beteken die verkiesing kan dalk weens die ongewone omstandighede uitgestel word tot ʼn later datum.