SA stop J&J entstof tydelik

Kort nadat Amerika aanbeveel het dat die entstof van Johnson & Johnson voorlopig nie gebruik moet word teen die koronavirus nie, het die Suid-Afrikaanse regering gehoor gegee en die entstof teruggehou tot groter duidelikheid verkry is.

Die maatreël volg nadat J&J se entstof, wat aanvanklik as die beste van alle soorte entstof teen die koronavirus beskou is, onttrek moes word toe ses vroue in die VSA bloedklonte gekry het wat een laat sterf het terwyl ʼn tweede veg vir haar lewe in die hospitaal.

Volgens berigte is dit mense onder die ouderdom van 50 jaar wat bloedklonte opgedoen het, en word daar nou intensiewe navorsing gedoen om te bepaal waarom dit jonger mense is wat bloedklonte kry, en waarom dit slegs enkele mense is terwyl duisende reeds ingeënt is sonder ernstige newe effekte.

Die inenting veldtog vorder teen ʼn slakkepas in Suid-Afrika, en met die nuutste bevinding oor J&J se entstof, sal die stadige inenting veldtog nog verder vertraag word rn is die algemene gevoel dat dit nog baie lank gaan duur voordat die 40 miljoen mense geïmmuniseer sal wees.