SA maatskappye moes losprys betaal

In ʼn afsonderlike en onafhanklike studie wat regoor die wêreld gedoen is oor die invloed van kuberkrakers op sakeondernemings, het Suid-Afrika ook nie lig daarvan afgekom in 20920 nie.

Volgens die verslag het 80% van maatskappye in Suid-Afrika, skade gehad weens die feit dat hulle nie paraat was teen kuberkrakers se aanvalle nie.

Die grootste aanslag het gekom deur middel van e-posse wat nie met versigtigheid hanteer word nie, en gevolglik lei tot finansiële of ander ernstige verliese.

Die slegte nuus is dat die grootste aantal maatskappye wat deur die bedrieërs uitoorlê is, bereid was om ʼn losprys te betaal, terwyl ander instansies tot so lank as 7 dae nie hulle rekenaars en e-pos stelsels kon gebruik nie.

Wêreldwyd het 63% van maatskappye die losprys betaal wat gevra is om die stelsel te “herstel”, maar in Suid-Afrika het sowat 47% van die instansies geswig en die prys daarvoor betaal.

Rekenaar deskundiges sê die maatskappye het te gerus geraak, en word dan onkant betrap deur die kapers wat die hele rekenaar stelsel blokkeer tot die vereiste bedrag betaal is.