SA maak gereed vir stakings

Vakbonde het reeds begin om hulle lede in te lig dat hulle gereed moet maak om met grootskaalse stakings te begin oor loongeskille met die ANC regering.

Die waarskuwende eerste woorde kom veral uit die industriële werkers se vakbonde, wat klaarblyklik met die eerste mislukte onderhandelings met die regering, hulle posisioneer om met stakings die land te verlam op die arbeids terrein.

Daar is egter nog ʼn lang pad voor want stakings begin gewoonlik rondom Augustus en daarna, maar of dit vanjaar weer so sal wees, is nog onbekend.

Ekonome  voorspel dat onderhandelings lank en uitegrek gaan wees, en dit sal dan gepaard gaan met straat optogte wat weer skade aan geboue en voertuie sal beteken.

Groot onsekerheid heers alreeds oor die omvang van die vakbonde se optrede, en twyfel bestaan oor hoe beslis die regering gaan wees om nie toe te gee aan hulle eise nie, gesien in die lig daarvan dat die minister gesê het daar is nie geld beskikbaar vir verhogings nie.