SA Lugdiens nog sukkelend

Die tydelike Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) van die bankrot Suid-Afrikaanse Lugdiens, Thomas Kgokolo, sê die redery kan moontlik weer kommersieel vlieg teen Julie vanjaar.

Die redery het egter die teiken gestel van ʼn twee maande venster tydperk tot einde Augustus om weer die lugruim aan te durf.

Die redery wil glo in Mei tot Junie eers kleiner vlugte onderneem en sal met vlieëniers onderhandel word terwyl die bestaande dispuut nog nie opgelos is nie.

Vlieëniers van SAL het nog nie hulle volledige salarisse ontvang nie, en die dispuut het gelei tot ʼn waarskuwing van ʼn algehele staking wat die redery weereens sal verlam en verder die bankrotskap afgrond laat nader.