SA Inkomstediens nou soos bloedhond

Die SA Inkomstediens is nou behoorlik op die jag uit soos ʼn bloedhond wat spoor gevat het, en is gedetermineerd om elke moontlike Rand wat hy kan vorder as belasting, op te spoor.

Edward Kieswetter, die hoof van die Inkomstediens, het uiteengesit hoe belasting kollektante besluit het om die teiken van nagenoef R400 miljard wat in buitelandse beleggings is, met belasting aangeslaan kan word.

Die Ontvanger van Inkomste gaan waarskynlik miljoene Rand aan belasting uitgrawe in die beleggings wat waarskynlik in sowat 83 lande belê is, en waarvan inligting bekombaar is met internasionale ooreenkomste wat steeds van krag is met sowat 160 lande.

Uit die lande se verslae blyk dit dat sowat 1,3 miljoen verslae beskikbaar is, wat miljarde Rand aan beleggings kan beteken.

Die Inkomstediens is vasbeslote om so veel moontlik aan belastings in te vorder, en het reeds sowat R38 miljard meer ingevorder as wat begroot is, en met die nuwe moontlikheid, kan dit Suid-Afrika se ekonomie en die aflegging van skulde, aansienlik help.